•|20319|• Dit is volmaan op hoofkampus teen halfprys, en my oë glinster meer as gewoonlik, want die seer is ontydig uitbuiterig. Die sonsak op weskampus, soos altyd, verniet. Die gejaag na wind duur voort, ons mis alweer die punt. Dit is skemer op onderwyskampus ons denkwyses geborg, deur A.G. Visser, Jonker, Einstein en Newton. Die appels val ver van die boom. Die mensdom lewer homself uit, aan uniforme uniekheid en sosiale protes teen sosiale norme. Ek sit in die donker fase 4 is nog lank nie verby. Die weervoorspelling dui op ‘n goeie kans vir fase 5 of 6, maar hier onder voer ons debat oor die nuwe winkelsentrum se “Woolies Food”. Mensdom. -f . . . #volmaan #mensdom #gedig #digkuns #kuns #skrywer #dromer #afrikaans #afrikuns #taalvanmyhart #vosverhaal #student #fullmoon #twilight #wednesday #dreamer https://www.instagram.com/p/BvPfuYKhQUX/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=43b4a62amk3k