ongetiteld
ek belowe ek probeer - ek kyk en hoor maar is nie in staat om in te neem wat jy aan my probeer oordra nie.
met elke woord wat jy uiter, word ek instinktief bewus hoe elke label teen my vel skuur en wil ek eenvoudig net uit my klere breek sodat ek vir eens heeltemal kaal voor jou kan staan.
ek hou nie van leuens nie, en ek weet dis vir jou moeilik om nie te verstaan hoekom ek nie bel nie, maar ek weet ook jy hou nie van verkeerd wees nie. hoe verwag jy dan moet ons kan praat as jy glo dat alles vanselfsprekend is, terwyl die teenargument uit jou ontstaan?
ek sal saam stem en erken: ek maak nie reg met jou nie. verskoon my as ek iets sê wat jou ontstel, dis net dit put my uit as jy heeltyd dink ek vernietig wanneer ek slegs probeer asem skep.
Al wat ek van jou vra, is dat jy waarde aan my woorde heg; en my vrees deel, wanneer ek dink aan hoe die mense sal praat as hulle hoor die kind het sy ma in sy slaap doodgemaak.













