Vandag het ek gesweet. Dit is 'n baie vreemde manier om 'n blog te begin, maar dis my webjoernaal, so, eh. Maar soos wat ek gestaan en drip het in so 40C hitte, besef ek hoe baie alles in my lewe al verander het. Ek was nog nooit so produktief en so depressief op dieselfde tyd nie. Ek het nog nooit soveel verantwoordelikheid vir soveel goed gehad nie, maar nog nooit so magteloos gevoel nie. My gedagtes pla my soveel deesdae dat ek sommer begin gedigte oorskryf het net om effens meer stabiel te voel. Die jaar waarin ek die gedig hieronder geskryf het was net so paradoksaal, so dit het net reg gevoel om juis hierdie gedig oor te skryf.
Nou beter as bloed in die mond
Terwyl ryk omies weer lag
En die kinders weer skuil
βββββββββ
Maak van hierdie gedig wat jy as leser wil, maar al is hierdie gedig lomp en eerlikwaar het ek baie lui geskryf met hierdie een, voel ek steeds trots dat ek weer skryf en glo ek ek sal weer kan kom op βn plek waar my woorde weer geluk vir my kan bring.
Today I was sweating. It's a very strange way to start a blog, but it's my journal, so, eh. But as I stood there dripping in about 40C heat, I realized how much everything in my life had changed. I've never been so productive and so depressed at the same time. I've never had so much responsibility for so many things, but never felt so powerless. My thoughts are bothering me so much these days that I've started rewriting poems just to feel a little more stable. The year in which I wrote the poem below was just as paradoxical, so it just felt right to rewrite this particular poem.
And your falsehoods abound
Now better than blood in the mouth
And the children all hide
and redundant false words
Make of this poem what you want as a reader, but even though this poem is a bit clumsy and honestly I wrote very lazily with this one, I still feel proud that I am writing again and I believe I will be able to get to a place where my words can bring me happiness again.