Die entjie tussen Rhea en Scott se huis het vir Rhea soos ʼn marathon gevoel. In die paar meters het sy ʼn struweling met haar id en haar ego gehad. Al die redes hoekom sy haar tans laat saamsleep, het gespartel en geworstel met al die redes hoekom sy simpel is om toe te gee aan hom.
Haar baie kreatiewe brein het vyftig scenarios gesien, verwerp, oorgespeel, vererger, onderstreep en eventually gehȇnsop.
Die anker aan realiteit die hitte van sy hand. Sy absolute sekerheid ʼn magies aantrekkingskrag wat elke rede daarteen eenvoudig insluk soos ʼn bodemlose swart gat wat in die ruimte draai.
Eindelik is hulle voor sy huis. Hy wag ʼn oomblik aan die onderkant van die trappe wat na die breë houtdek voor sy huis lei, skraap sy skoene skoon van die sand en beduie vir haar om haar voete af te borsel teen die geankerde borsels aan die punt van die trap.
Na sy klaar is, stap hulle saam tot bo. Sy draai om en kyk na die see wat voor hulle lê, die glim van die sterre op die water en die lied van die branders as begeleiding vir die waterdans.
Agter haar hoor sy hoe hy die deur oopmaak. Sy haal diep asem en draai om.
Scott staan eenkant toe sodat sy binnetoe kan kom.
Rhea stap in, staan verras stil terwyl sy om haar kyk. Die kunswerke trek haar aandag en sy stap nader aan een, betrag dit stil en stap dan na die volgende een. Sy lees die titels van die boeke wat tussen die kunswerke op rakke wag om ontdek te word.
Hy stap na sy CD-speler toe en druk ʼn knoppie. Klank vul die leemtes tussen woorde. Rhea is egter nie meer op hom gefokus nie, al haar aandag nou op die visuele voor haar. Sy voel hoe hy ʼn glas in haar hand druk, kyk af en herken die goue glim en aroma van whisky en teug daaraan.
Definitief Iers. Nie Skotse whisky nie. Die smaak is duidelik herkenbaar, een van die distillerye wat sy van hou. Hy het nie die drankie verkrag met allerhande byvoegsels nie, maar dit vir haar geskink soos sy gewoonlik hare drink. Kamer-temperatuur, skoon en onverdoeseld.
Sy murmer ʼn ‘dankie’ en hy klink sy glas vir ʼn oomblik teen hare, haar aandag weer terug by die beeld voor haar. Sy beskou die vrouefiguur met die lang nek en wolfkop met diepe aandag. Die figuur lê in ʼn fetale posisie, die nek omgedraai en slap, kakebene oopgesper in ʼn doodskreet. Die vrouefiguur is tipies van ʼn oermoeder-simbool, groot stuwende borste, vol-ronde maag, heupe wat kinders kon baar.
Sy loer af na die koperplaatjie met die beeld se naam op. ‘Woman Who Ran With The Wolves And Were Defeated By Mops And Buckets.’
Verras kyk sy op, soek na hom met haar oë. Hy tuur na haar oor die rand van sy glas. Skielik dig by haar. Sy het vergeet dat hy daar was.
Sy kyk weer terug na die beeld, vervang in die uitbeelding van kompromieë wat doodmaak. Terugflitse na haar huwelik voor haar oë. Sy stap aan en beskou die volgende stuk. ʼn Sement meermin, stert met glasstuk-skubbe, borste gepunt om die son te groet, haar liggaam agteroor geboog, gestut op hande en vinne.
‘The Sunworshipper’, made by the assistant to the artist that lived in Nieu Bethesda. Do you know their work?’ Vra Scott.
‘Ja, ek het intense bewondering vir haar.’
Rhea se ontdekkingstog lei haar in ʼn sirkel om die vertrek, tot sy by die trap stop. Sy kyk op, sien nog boeke en kuns, kyk na hom om te sien of sy kan voortgaan met haar ontdekkingstog. Hy beduie met sy hand dat sy moet opgaan. Rhea voel of haar realiteit verplaas is. Sy het baie dinge verwag maar nie hierdie nie. Sy was daarvan bewus dat hy ʼn kunstenaar is.
Met sy onlangse kontak met haar is sy egter onkant gevang. Hierdie siel wat hier blootgelê word het sy egter nie verwag nie. Vele boeke wat sy self besit vang haar oë op die rakke. Onderwerpe wat haar na aan die hart lê, die besef dat sy tuis voel tussen die denke en skeppings wat haar omring.
Sy wag aan die bokant van die trap, besef dat sy nou sy studio betree, kyk na hom wat ʼn trappie laer as sy staan, hul oë nou gelyk met mekaar.
‘Jy wil hê ek moet dit sien,’ ʼn stelling, nie ʼn vraag nie.
‘Yes.’ en bly vir haar kyk.
‘Hoekom?’ vra Rhea, frons tussen die oë.
‘Because I like the colour of your soul.’
Sy kriptiese antwoord enigmaties gelewer. Hy neem die glas uit haar hand, stap die trap af en hervul hulle glase, klim weer tot by haar en gee dit vir haar en klink sy rand teen hare.
‘A toast,’ sê hy. ‘Here`s to exploring colourful souls.’
Rhea kyk na hom, knik dan en lig haar glas in erkenning. In die rukkie wat sy in sy huis is, het haar denke verander. Woordelose debatte het in haar kop gekom en gegaan. Daar was egter geen wenners, slegs die wete dat hy moontlik die moeite werd is om te leer ken wat oorbly.
Sy werkspasie is georden. Daar is ʼn half voltooide werk op die esel. Die reuk van olieverf sterk in die lug. Sielskos vir haar. Sy asem dit diep in, kyk dan met persepsies wat vinniger verander as ʼn donderwolk wat op ʼn swelterende Hoëveld-middag verander en volg dan die gallery wat om die bokant sirkel tot terug by die trap.
Hy staan onder by die gemaksarea, soek ʼn CD uit en ruil dit met die een in die speler. Die ligte hier in die gemaklike hoek is meer gedemp. Kolligte val op uitgesoekte items. Die Sjinese keramiek- vuurdrom gloei van die hitte. Die area onder dit is met blou Turkse teëls geteel met koper-embossement as versiering daarop.
Sy staan en betrag hom, hierdie wese met soveel fasette. Haar binnekant is hard besig om haar denke weer in lyn te kry. Rhea het nog altyd onttrek wanneer haar kop geraas het. En nou raas dit behoorlik binne haar.
Selfs sy musiek-keuse is ʼn verrassing vir haar. Rustig, strelend en gemaklik vir ontspanning. Selfs hier kan sy nie haar oë van die kuns of boeke afhaal nie. Sy kyk verder, laat haar vingers hier en daar op ʼn boek rus. Sy bewonder nog ʼn skepping, die keer in metaal. Dis ʼn voorstelling van die Buddha, saamgestel uit skroewe, moere en afskoot stukkies yster. Hier en daar is ʼn moer strategies vasgesweis, die geheel kru, met ʼn paar tree terug kom die bekoring van die beeld te vore.
Tussen die stukkies skroot blink hier en daar stukkies turkoos - ru en ongeslyp en op strategiese plekke met epoksie vasgeheg. Die stuk is fassinerend. So ook die wierook-bak wat voor die beeld staan, gevul met sand en uitgebrande wierookstokke, kompleet met ʼn tempelstyl-voetstuk en pilare met ʼn dak daaroor wat skuiling bied. Sy besef dat dit nie net ʼnkunswerk is nie, maar ook vir hom ʼn geestelike betekenis inhou. Vlugtig wonder sy oor sy geloofsoortuiginge.
Die boekrak aan regterkant van die beeld en bak, staan ietwat weg van die muur teen ʼn hoek. Met nadere betragting besef sy dat die rak eintlik ʼn verskuilde deur is. Haar oog vang die hoek van trappe, besef daar moet ʼn vertrek onder die een wees waarin sy staan.
Sy beweeg verby dit, gaan na die kombuis-eiland toe, haar oë vasgenael op die twee stoele. Haar vingers, trek die ontwerp na, speel met die kakebene se vorme en verken die kopbene. Dan lig sy haar oë na die res van die amper kliniese kombuis. Sy betrag die samestelling van elemente en besef dat die hele area eintlik ʼn kunsinstallasie is.
Hy hou haar stip dop en toe sy omdraai, stoot hy die boekrakdeur effens weg van die muur en maak die opening groter, meer uitlokkend om te ondersoek.
Sy oë soek hare, lig sy wenkbroue in ʼn stil vraag of sy nog ʼn hervulling van haar glas wil hê en hou die bottel omhoog om die punt te onderstreep. Sy knik en hy stap nader, skink weer.
Sy stap na die bank in die gemaksarea en maak haar tuis daarop. ʼn Welgeplaaste ottoman smeek vir haar om haar voet daarop te sit maar sy huiwer, bewus van haar kaal voete wat deur die sand geloop het.
Hy merk hoe sy na die ottoman kyk en sê: ‘Do put your feet up. It was meant for it.’
Sy woorde stel haar egter nie gerus nie, doen eerder die teenoorgestelde. Nou is sy intens bewus van haar voete, die krake en ongemanikuurde naels. In vergelyking met sy naels lyk hare beslis soos ʼn oervrou s`n wat nou uit die bosse gesleep is.
‘I will be back,’ sê hy skielik en verdwyn deur die boekrakdeur.
Rhea sit terug op die gemaklike bank en teug aan haar drankie. Die afgelope uur se waarnemings maal deur haar kop. Vir ʼn oomblik sluit sy haar oë, leun haar kop agtertoe teen die leuning. Die hitte van die vuur gepaardgaande met die rustige musiek en die dag se uitdagings laat hierdie ruskans soos ʼn saligheid voel.
Die whisky waaraan sy perodiek gedurende haar skryfsessie geteug het en die drankies hier by hom, voeg ook hulle ontspanningsfaktor by die mengsel.
Haar spiere begin ontspan. Rhea se denke keer terug na die karakter waarmee sy besig was toe sy deur haar eie venster getuur het en kort voor lank is sy verdiep in haar eie storielyn. Die tydelike ongemak met Scott se vereistes is op die agtergrond geskuiwe terwyl haar kreatiwe muse haar vere regskud om vernuwing na haar denke te bring.
Scott betrag haar vir ʼn paar oomblikke vanuit die oop deur, skouer dit dan uit die pad en dra die paar items tot by haar. Sy is salig onbewus van hom. Hy gaan sit kruisbeen by haar voete en begin die items uitlê. Dan tel hy haar een voet op.
Rhea se gedagtes vlerk terug na die hede, en kyk na Scott, vrae wat huiwer om oor haar lippe te tuimel.
‘Don’t mind me,’ sê hy. ‘Just continue doing what you are doing.’
Vir ʼn paar oomblikke oorweeg sy dit om hom onder sy kakebeen te skop. Sy bereken haar kanse om uit die bank te kom met die hoeveelheid whisky in haar are, die ontspanningsfaktor wat haar nou ingehaal het en die baie goed geleerde hande wat haar voete hanteer.
‘Are you really going to fight me on this?’ vra hy haar saggies.
‘Ek dink daaraan,’ mymer sy, teug weer aan haar glas en kyk dan na hom deur versluierde wimpers.
‘Wat kry jy hier uit, mansmens?’ vra sy, haar stem nou rustig, minder bedreig as vroeër.
‘I told you. Time with you.’
Hy het haar voet laat rus op sy bobeen waaroor ʼn handdoek rus. Hy gebruik ʼn spuitbottel met warm water om haar voet mee af te spuit en ʼn kleiner handdoek om mee af te droog. Sy hande beweeg een na die ander deur die onderskeie stadiums van voet-versorging.
Die man fassineer haar. Die intimiteit van die oomblikke ontgaan haar nie, maar net soos toe sy haar op die strand in die sand ingewoel het, is weghol nou ʼn gekaapte opsie. Eerder die scenario uitspeel en kyk waarheen mik hy. Sy hande is defintief geskool, besluit sy.
Sy leun weer haar kop agteroor en laat hom begaan. Sy voel hoe die grinterigheid van ʼn naelvyl teen die randte van haar naels beweeg. Die ritmiese geskuur aan haar hakke met ʼn growwe skuurspons, eintlik bedoel vir houtwerk, warm olie wat oor haar vel drup en dan die absulute intense genot wat sy ervaar weens die massering wat daarop volg. Sy besef dat hy nie net vryf nie maar die riglyne van refleksiologie volg. Sy herken die drukpunte, besef dat hy haar liggaam lees deur sy hande op haar voetsole.
‘Hoekom?’ vra sy. ‘Hoekom nou? Dit?’ en beduie met haar glas na hom, haar voete, sy huis.
Hy tel die bottel whisky langs hom op, lig dit in uitnodiging, skink in haar glas wat sy uitstrek na hom en doen dieselfde vir homself.
Vlugtig wonder sy of dit moontlik is dat haar klitoris aan haar voete en enkels gekoppel is.
Scott kyk op na haar, reik na haar ander voet, spuit, vryf en droog af. Hy reik na die skuurders en begin haar vel tem.
‘I enjoy doing this. I enjoy it even more when you are lost in thought.’
Sy hande beweeg, verstil.
‘Thank you for allowing this.’ sy stem skielik stil, effe hees.
Rhea wag, die weerloosheid in sy stem onverwags. Sy kyk na hom deur haar wimpers.
‘Ek het nie beplan om jou toe te laat nie,’ antwoord sy.
‘I know. But you did and I really appreciate it.’
Sy hande beweeg oor haar vel. Terapeuties van aard. Hy manipuleer die senupunte, maak die ligamente los en ontspan die spiere.
‘Ek wil nie in ʼn verhouding betrokke raak nie.’
‘I do not require one,’ antwoord hy haar.
‘Presies wat wil jy hê en moenie sê ‘tyd’ nie. Definieer jou denke. Spel dit uit’ haar stem nou ferm.
‘I want to enjoy things like this when your mind has gone AWOL.’
Sy antwoord vibreer deur haar.
‘I have watched you enjoy the elements for a long time. You are a rare creature. One where space and time ceases for the moments you occupy them. I wish to be near you when you do this. I don`t require your conversation, although if we did speak, I am sure we would both enjoy it. I do not require your attention. You will learn to trust me.’
Scott se monoloog eindig met sy hande wat steeds hulle dans tussen spier en ligament uitvoer.
‘So basies, wil jy hê ek moet my oorgee in jou hande sodat jy wie weet wat met my liggaam kan aanvang terwyl my kop prentjies en stories uitdink,’ vertaal sy in plein Afrikaans.
‘Succinctly put. In a nutshell, yes.’ Hy glimlag vir haar. ‘I like your honesty.’
‘Wel, ek weet nie of ek van jou brand of twisted hou nie,’ kap sy terug.
‘I need you more than I can express. It has taken me some time to realise that you could be the answer I have been looking for. I do not need someone to engage my mind with empty words. I do need to practice my art and part of that very large field is body art.’ en frons effens.
‘I have tried before in other situations. But inevitably the expectations of the other person ruined the success of the piece I was working on. I need a mind that can disengage, one that can fly free while I complete what I am doing. I do no harm.’ Scott se stem is nou ernstig.
‘You want nothing from me, your mind flies free and your will to exclude your immediate environment is rock solid. Your body is amazing. All of these factors are what I need.’
Hy reik vir ʼn houer langs hom, gevul met buisies en fyn kwassies asook skerp puntbelyners.
‘Watch, I will show you.’
Rhea besluit om hom te laat begaan. Die genot wat sy put uit die ervaring goed weggesteek.
Hy droog haar voete weer af, verwyder elke spoor van olie en stof van die skuurdery. Dan begin hy haar voete verf. Die patrone groei onder sy hande, strek van haar tone na haar enkel, omsirkel dit en vloei onder haar sole in. Die proses is fassinerend. Tyd staan stil. Rhea ontspan en laat haar denke vlieg.
Scott kyk op na haar, merk dat haar oë toe is, glimlag uit pure genot en hervat weer sy werk. Wanneer hy eindelik klaar is, staan hy op en rek hom uit want die lank sit het hom stram gelaat. Rhea reageer nie toe hy opstaan nie.
Hy tel ʼn lengte middernag-blou fluweel op, drapeer dit op die ottoman en rangskik dan haar een voet daarop. Hy tel sy kamera op wat op sy lessenaar was en begin uit alle hoeke foto’s van haar voet neem. Hy poseer dan die tweede voet en herhaal die hele afneemproses en doen dan ʼn derde kombinasie met beide voete.
Hy is heeltemal betrokke by sy werk. Rhea het intussen haar oë oopgemaak en hou hom dop deur versluierde wimpers. Sy voel die koelheid van die stringe pêrels wat hy as aksente gebruik. Die skerp rante van die perlemoenskulpe. Sy is nou heeltemal in vervoering deur sy denke. Foto na foto. Eindelik is hy klaar. Hy koppel die kamera aan sy rekenaar en laai die foto’s af.
Hy merk dat sy hom dophou en glimlag vir haar. Die vreugde in die donker gotieka van sy uiterste totaal in teenstelling met die lig van pure tevredenheid en satisfaksie in sy oë.
‘I will cut you a hardcopy to have for yourself,’ sê hy vir haar.
‘Did you enjoy that?’ vra hy haar, sy blik nou gefokus op haar.
‘Ja, ek het, erken sy, ʼn effense glimlag om haar mondhoeke die enigste aanduiding van haar vorige denke.
‘Will you come again?’ vra hy, sy oë op haar.
Rhea duik in haar besluit in met verbete spoed, maak haar vas met intent en weier om te huiwer en verder te dink.
‘Here`s to art then!’ en stap nader, klink sy glas teen hare.
‘Stay there, I will clean your skin,’ voeg hy by.
‘Ek weet nie of ek wil hê jy moet dit afhaal nie,’ verbaas sy haarself met haar antwoord.
‘Your choice,’ antwoord hy haar.
Sy kop ruk op. Vir die eerste keer het sy sy naam gebruik, erkenning gegee aan dit wat hier gebeur. Die ritme van vat en gee, onderstreep deur beide se liefde vir kuns.
‘It is truly a pleasure. I hope to share more of this with you, much, much more.’ Sy stem nou rokerig en intens.
Rhea knik net, vertrou skielik nie haar eie stem nie. Die eerlikheid blink tussen hulle.