Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie. - Job. 29:24 (OV)
ân Glimlag is ân geskenk van liefde uit God se hart, Ăłf dit nou vir ân vreemdeling, ân vriend of ân geliefde is. Dit dra boodskappe van liefde, van aanmoediging en vriendelikheid oor. ân Glimlag is ân stil geskenk van begrip, deernis en goedgesindheid. Tot ân hondjie kan agterkom wanneer sy baas glimlag of bly lyk en hy reageer met die swaai van sy stert.
Ons glimlag is ân welkome geskenk wat ons gee wanneer ons miskien in ân lang tou moet staan en wag, wanneer ons luister of met ander mense praat. Al weet ons dit nie altyd nie, ons glimlag kan spanning breek, mense se laste, hartseer en terneergedruktheid verlig en is boodskappers van Gods liefde uit Sy hart uit na ons sân toe.
Ons glimlag is soos ân omhelsing wat andere teer in liefde toevou en versorg. Daar gaan nie ân dag om sonder tĂĄlle geleenthede om andere te seĂ«n en vertroetel met ons glimlag nie. Mense het al so gewoond daaraan geraak dat mense nie meer glimlag nie, dat hulle dalk stomverbaas sal wees en nie met ân glimlag terug reageer nie. Maar volgende keer is hy of sy dalk die een wat weer eerste glimlag met ân hartseer vreemdeling. Die seĂ«ninge wat ons so skep vorm wye sirkels, soos wanneer mens ân klippie in ân waterpoel gooi.
Ons glimlag is ân vrygewige gawe van God â moet dit nooit terughou nie!
Gebed: Dankie Here, dat U vir ons die gawe gegee het om te kan glimlag en U liefde so te oordra, selfs na stuurs of onvriendelike mense toe en so met hierdie kettinreaksie ook hulle harte te kan verander.
âĄÂ JESUS Vra Net Liefde / Facebook âĄ
âĄâ ⥠Aan God drie-enig, alleen die eer! âĄâ âĄ
(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie. Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)
Daelikse Woord Boodskappe beskikbaar per epos â kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com
via Blogger http://ift.tt/1MOhYAZ