‘n Koffiemelktert vir Nasionale Melktertdag!
Dis Nasionale Melktertdag, en daar kan nie so dag verby gaan wat ek nie ook deel in die melktertpret nie! Ek is baie trots dat my Doilie-melktert in die Melktertversameling van Mari-Louis Guy en Callie Maritz mag pryk! Hierdie span het die manier om enige gebak net so proffessioneel en afgerond deur te gee! Ek het nog ‘n lang pad van droom om op die helde se vlak te kom, maar deel wel my lank en uitgebreide weergawe van my koffiemelktert met julle! Want wat gaan nou beter by melktert as koffie?
OOND TEMP: 180˚C en 200˚C
Aantal Porsies: 1 melktert
ALGEMENE inligting: die melktert is nie die gebakte melktert nie, maar ‘n spoggerige weergawe van die ongebakte melktert met hemelse koffie en nartjiegeure.
Koekiebasis (Maak net ½ aan):
½ teelepel (5ml) fyn kaneel
½ Eetlepel (15ml) gemengde speserye
½ teelepel (5ml) neutmuskaat
½ teelepel (5ml) naeltjies
Melkpap (resep maak genoeg vir 2 terte):
3 nartjies se skil (gerasper)
250g wit sjokolade gesmelt
1 pak (2 rolle) tot 2 pakke (4 rolle)
20ml koffiepoeier aangemaak met net genoeg kookwater om ekstrak te vorm
Kaneelstroop (opsioneel):
Voorverhit oond op 180˚C.
Voeg die suiker by en klop tot donsig.
Sif die droë bestanddele, behalwe die koeksoda, saam.
Klop die eiers goed saam met die melk.
Voeg droë bestanddele om die beurt met vloeistof by botter mengsel.
Los die koeksoda in klein bietjie warm melk op.
Voeg by die deeg en meng deeglik.
Rol dun uit en sny sirkel met 21cm deursnit uit.
Bak in voorverhitte oond vir 15 minute tot goudbruin en krakerig.
Plaas die melk en nartjieskil in kastrol oor matige hitte en verhit tot net-net voor kookpunt
Klits die eiers liggies by die suiker in
Voeg die mielieblom en meel by en meng totdat dit ‘n gladde pasta vorm
Giet die warm melk by die eiermengsel en roer met sterk hale vinnig deur
Plaas die mengsel terug op die stoof en roer aanhoudend tot die mengsel dik word en begin kook
Haal van die plaat af en voeg die vanielje-geursel en botter by – meng liggies deur
Spuit 1 laag op koekiebasis met groot ronde punt, en laat so stol, herhaal nog 2 keer
Gebruik eers slegs 1 pak filo.
Gebruik ‘n 27cm koekring om die sirkels uit te merk op die filovelle
Knip uit met skêr (jy kan al die velle gelyk knip as die boonste gemerk is)
Sny die vol sirkels uit soos moontlik en half waar die vol sirkel nie in die vel inpas nie.
Merk met ‘n koppie ‘n klein sirkel in die middel van die groter sirkel en sny die klein sirkel ook uit om ‘n ringvorm te skep.
Sny die ring op een plek deur .
Bewaar onder ‘n klam lap en gebruik soos nodig in die proses.
Meng die koffie-ekstrak en suiker totdat al die suiker opgelos is
Meng 15-30ml botter met koffiemengsel
Neem filo en verf met botter-koffiemengsel, verf net soos nodig in proses – moenie vooruit verf..
Gebruik die sirkels om ‘n laag frille te vorm op ‘n silpat of bakpapier op ‘n oondplaat
Bak vir omtrent 5 minute terwyl die smeer en snyproses herhaal
Vul die botter-koffie mengsel met gesmelte botter aan soos nodig – sodat die laaste lae van die 3 de filokonstruksie so te sê geen koffie in die bottermengsel het nie – die kleur gaan dus van donker bruin in die onderste konstruksielae na ligbruin in dieboonste konstruksielae.
Haal uit en pak 2de laag en bak weer vir 5 minute en herhaal 6 keer
Laat op afkoellrak afkoel
Maak 3 van hierdie konstruksies
Wanneer melkpap gestol is, plaas filofrille versigtig op
Giet dun lagie wit sjokolade
Spuit knope melktertpap rondom in sirkel
En herhaal totdat laaste filokonstruksie gepak is.
Geroosterde neute (opsioneel):
Rooster neute in oondpan in voorverhitte oond by 200˚C vir omtrent 7 minute, rond koek se voete af met die neute
Smelt die suiker in die water sonder dat dit kook
Bring tot kook en laat effens verdik
Voeg kaneel by en laat meng – swaai pot om hitte en kaneel te versprei