Vinnige vrugtekoek
As kind verskyn die dinge mos net op die tafel en jy aanvaar net dit kom weer, totdat jy jou eie moet maak... dan skielik kry jy bewondering vir jou ma wat op kampvakansies die tuisgebakte vrugtekoek laat verskyn het... Groot was my verbasing toe ek hoor hierdie koek kan ek binne 45 minute (mengtyd ingelsuit) maak! As jy ook laat geslaap het kan jy steeds (en sonder baie moeite) jou vrugtekoek vir kersfees regkry. Viva ma’s! Jy het nodig:
600g Koekmengsel / rosyne
250g dadels
250ml bruinsuiker
125g botter
100ml water
150ml brandewyn
5ml koeksoda
240g koekmeel
2t kakao
2t kits koffiepoeier
5ml gemengde speserye
2ml sout
5ml gemmer (fyn)
2 geklitsde eiers
100g kersies
100g neute
Maak so:
Meng jou koekmengsel (of rosyne), dadels, bruinsuiker, botter, water en brandewyn en plaas in mikrogolf op 100% vir 6 minute - roer na 3 minute.
Haal uit, voeg koeksoda by , meng goed deur en laat afkoel.
Meng koekmeel, kakao, koffiepoeier, gemengde speserye, sout, gemmer, kersie en neute.
Meng die afgekoelde mengsel ook by en lqaastens die eiers.
Plaas in mikrogolf vir 30 minute op 30% en dan vir 1 minuut op 100%.
En daar is jou vrugtekoek - jy kan nou begin rypmaak (as jy die behoefte om te peuesel daaraan kan weerstaan…)
Meng die volgende en laat kook oor lae hitte totdat al die suiker gesmelt het:
2k water
3/4k suiker
1/2k brandewyn
Gebruik dit om die koek elke paar dae te deurweek om dit ryp te maak. Gebruik slegs soos nodig en stoor die res in die yskas.
Vir kersdag kan jy jou koek na wense versier. Ek het malvalekke gemaak en dit darmee bedek (resepook op die blog) en afgerond met vars kersies en bessies.
(Onthou om jou koek in kleefplastiek toe te draai en in ‘n lugdigte houer te stoor.)












