Regrets
Ure in die water van die stort was niks van jou weg nie. Deur die stoom sien ek jou soos 'n standbeeld teen die mure van my donker hart leun. Jy tart my uit met gesigte en aande en trane wat teen die stortdeur projekteer en ek stort ineen as die bloed drup.
Die kraan is op vuur, maar ek skroei my liggaam sonder om enige seer weg te brand. Ek huil en skree en vlug terwyl ek roerloos stil onder die kop staan.
Ek cope nie.
Die spons los rooi merke op my vel soos ek skrop om die herhinneringe weg te was, maar dit steek net seep. Jy lag as ek gly en terugsink onder die spyt en verlore; met spot in jou mondhoeke kyk jy hoe die teëls my blou laat. Moedeloos opgee, naakend alleen, teen die muur van my verlede.
Jy is wreed, Regrets, en jy vreed my op met elke wassessie.
-I.J















