Ek voel ons almal is boeke.
My boek sal moeilik wees om te verstaan,
'n emotionele, intelligente fokkop.
Jy sal my kry in die boekwinkel,
Genre?
Miskien 'n romans, 'n tragedie of selfs filosofie,
Want dit voel asof ek nooit myself gaan kan vind nie.
Prys?
Vir sekeres waardeloos, vir ander waardevol.
Vir myself, altyd te duur, of altyd te goedkoop.
As jy my vind
Hoop ek dat jy my saam jou sal dra,
My in jou gedagtes hou,
En net voordat jy gaan slaap my nog een keer om te blaai, tot jou oë nie meer kan nie.










