P RINSES Elizabeth was net 13 jaar oud en haar suster, prinses Margaret. nege toe die Tweede Wêreldoorlog in 1939 uitbreek. Destyds is talle Britse kinders uit Lon den weggestuur om hulle teen hugsanvalle te beskerm. Die
plan was dat die prinsesse Kanada toe sou gaan en daar wag tot die oorlog ver by is, maar hulle het geweier om van hul ouers geskei te word.
"Die kinders wil nie sonder my gaan nie, het hul ma, koningin Elizabeth, gesê. "Ek sal weer nie die koning verlaat nie, en die koning sal Engeland nooit ver laat nie.
Die meisies is dus eers na Balmon kasteel in Skotland gestuur. Daarna he hulle in Windsor-kasteel in Berkshire gaan woon, wat darem net sowat 36 km van hul ouers in Buckingham-paleis af was.
skaars 'n tiener, is daar van haar ook ver g om 'n rol te speel.
By Balmoral is sy en Margaret gevra om tee en koek uit te deel aan die vroue wat bymekaargekom het om as deel van de oorlogspoging naaldwerk te doen en
En omdat daar van almal verwag is om spaarsamig te wees, het die koningin daarop aangedring dat Elizabeth vir haar 14de verjaardag net 'n gewone sponskoek kry.
As tiener was Elizabeth se eerste for mele bydrae- en eerste toespraak-'n
radio-uitsending op 13 Oktober 1940 Sy het op die BBC se Children's Hour met kinders gesels wat na hul ouers verlang
"Duisende van julle moes jul huis ver laat en van jul ma en pa geskei word." het sy gesê. "Ek en my suster. Margaret Rose, voel dit saam met julle, want ons weet uit ervaring wat dit beteken om weg te wees van die mense vir wie ons die liefste is.
Onthou: As daar vrede kom, rus dit in ons, die kinders van vandag, se hande om die wêreld 'n beter en gelukkiger plek te maak.
Sy het haar toespraak afgesluit met: "My suster is aan my sy en ons gaan vir jou goeienag sé. Goeienag en sterkte vir julle almal."
Die toespraak was 'n enorme sukses en die BBC is oorval deur oproepe van luisteraars wat dit weer wou hoor.
IE oorlog het voortgeduur en in Januarie 1942 het prinses Elizabeth 'n ereko lonel geword van die Gre nadiers, 'n infanterieregi ment van die Britse leer.
Op 21 April - haar 16de verjaardag - het sy haar eerste plig in dié nuwe rol uitgevoer toe sy by Windsor-kasteel saam met haar pa die wagte in hul for mele rooi uniforms en kenmerkende beervelhoede geïnspekteer het.
Vroeg in 1945 is besluit dat die prin ses, toe 18, by die Hulpgebiedsdiens (ATS) moes aansluit. Dit was ook as die vrouetak van die Britse leër bekend.
Sy is geregistreer as tweede-luitenant Elizabeth Alexandra Mary Windsor met die diensnommer 230873. Dit was 'n ererang, maar die werk was eg
Elizabeth het 'n kursus van ses weke in voertuigbestuur en -onderhoud ge volg en was net gereed om haar finale eksamen af te lê toe haar ouers besluit die werk is te gevaarlik. Dit sou behels het dat sy 'n vragmotor in die bedrywige
strate van Londen sou moes bestuur. Toe hulle die besluit met haar .
"Al ons kinders wat nog tuis is, dink onophoudelik aan ons vriende en fami lie oorsee - kinders wat duisend.
Een van die take van die koninklike fr milie tydens die oorlog was om die Brit te moedig te hou en al was Elizabeth.
deel, was sy reg om eksamen te gaan skryf en wou sy niks van kop uittrek hoor
Sy't gesê sy wil nes al die ander mense behandel word wat alles vir die oorlog in
die stryd gewerp het. Die toekomstige koningin het die toet
se met vlieënde vaandels geslaag. Daarna het die tienerprinses haar daarop toegespits om met enjins en kleppe te werk en het sy dit sewe uur per dag gedoen voor sy laatmiddag na die Windsor-kasteel teruggekeer het.
In Maart 1945 is sy afgeneem waar sy 'n ambulans se band help omruil. Miljoe ne mense oor die wêreld heen het aan klank by dié foto gevind en dit het haar net nog meer gelief by die Britse publiek
gemaak. Sy is spoedig tot junior bevelvoerder
Kort daarna het haar pa aangekondig die oorlog is verby. Op die middag van 18 Mei 1945-Europese Oorwinningsdag het die koninklike familie agt verskil lende kere op die balkon van Bucking ham-paleis verskyn om te waai vir die jubelende skare wat onder saamgedrom het.
Elizabeth (toe 19) en haar suster, Mar garet (14), het later hul ouers gesmeek om hulle toe te laat om die paleis te ver laat en die oorwinningsvieringe stille tjies saam met die skare te deel,
Die koning en koningin het ingestem en 'n vriend van Elizabeth wat saam is. het vertel die meisies het eers die vol gende oggend sesuur die trein terug pa duidelik
leis toe gehaal. Almal het die feesvierings