Ma se hare
Sê ek mos toe ek op ‘n vlam warm dag ‘n slukkie ys koue bier vat: “sjoe dis lekker, MA SE HARE!” Sal die een aangetroude vroumensie nie omtrent haar kop af ruk soos sy haar bose “judgmental” oë in my rigting slinger nie. Syt my een van DAAI kyke gegee, soos wat jy sal kyk na ‘n draaihaar op ‘n koekie dove seep. Ek het gevoel hoe sy na my staar en ‘n gat in my gewete brand en ekt gewonder hoekom?…
View On WordPress














